Wie is ons?
As huisgesin van God wil Tuinedal ‘n VEILIGE ruimte wees waar goed versorgde en toegeruste lidmate gestuur word na ‘n stukkende wêreld – tot eer van God.
Kom nes jy is!
Ons gebou is geleë in Dormehlsdrift en ons eredienste begin elke Sondag om 09:00.
Ons eredienste word ingerig met kindertyd, begeleiding deur ‘n orrel sowel as ‘n musiekgroep, relevante Woordverkondiging, Sondagskool vir laerskoolkinders tydens die erediens, ‘n oppasdiens aan voorskoolse kinders sowel as heerlike saamkuier in die kerksaal na afloop van die erediens.
Ons gemeente is divers … van jonk tot baie oud, suksesvol, sukkelend, wit en bruin, professionele mense, werkloses, pensionarisse, alleenlopers, gesinne … almal het JESUS in gemeen.
Kom nes jy is – jy is WELKOM!